11 En hulle het Jehovah in wisselsang begin loof+ en dank, “want hy is goed,+ want sy liefderyke goedhartigheid teenoor Israel is tot onbepaalde tyd”.+ Wat die hele volk betref, hulle het gejuig met ’n groot gejuig+ toe hulle Jehovah loof omdat die fondament van die huis van Jehovah gelê is.