2 Só het Jehovah gesê:
“Kyk! Waters kom op+ uit die noorde+ en het ’n oorlopende stroom geword. En dit sal die land oorstroom en alles wat dit vul, die stad en dié wat daarin woon.+ En die mense sal beslis skreeu, en almal wat in die land woon, sal weeklaag.+