9 Klim op ’n hoë berg,+ o vrou wat goeie nuus bring vir Sion.+ Verhef jou stem met krag, o vrou wat goeie nuus bring vir Jerusalem.+ Verhef dit. Moenie bang wees nie.+ Sê vir die stede van Juda: “Hier is julle God.”+
15 “Kyk! Op die berge die voete van iemand wat goeie nuus bring, wat vrede verkondig.+ O Juda, vier jou feeste.+ Betaal jou geloftes;+ want geen deugniet sal ooit weer deur jou trek nie.+ Hy sal beslis heeltemal uitgeroei word.”+
15 En hoe sal hulle preek tensy hulle uitgestuur is?+ Net soos daar geskrywe staan: “Hoe lieflik is die voete van dié wat goeie nuus van goeie dinge bekend maak!”+