14 En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+
20 In dié tyd sal ek julle inbring, ja, in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak. Want ek sal julle tot ’n naam en ’n lof onder al die volke van die aarde maak, wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer”, het Jehovah gesê.+