Psalms ’n Lied van die opgange. 126 Toe Jehovah die gevangenes van Sion laat terugkeer het,+Het ons geword soos dié wat droom.+ 2 In dié tyd is ons mond met gelag gevul,+En ons tong met vreugdegeroep.+In dié tyd het hulle onder die nasies gesê:+“Jehovah het iets groots gedoen deur wat hy met hulle gedoen het.”+ 3 Jehovah het iets groots gedoen deur wat hy met ons gedoen het.+Ons het vreugdevol geword.+ 4 Laat ons groep gevangenes tog terugkeer, o Jehovah,+Soos stroombeddings in die Negeb.+ 5 Dié wat met trane saai,+Sal met vreugdegeroep maai.+ 6 Wie vir seker uitgaan, al is dit huilend,+Terwyl hy ’n sak vol saad dra,+Sal vir seker met vreugdegeroep inkom,+Terwyl hy sy gerwe dra.+