17 “En wat jou betref, jy moet jou heupe omgord,+ en jy moet opstaan en vir hulle alles sê wat ek jou beveel. Moenie weens hulle met verskrikking vervul word nie,+ sodat ek jou nie voor hulle met verskrikking vervul nie.
8 En toe Jeremia klaar alles gespreek het wat Jehovah hom beveel het om tot die hele volk te spreek, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: “Jy sal sekerlik sterf.+
5 En hulle het vir Jeremia gesê: “Mag Jehovah ’n waaragtige en getroue getuie teen ons wees+ as ons nie presies sal handel+ volgens elke woord waarmee Jehovah u God u na ons toe stuur nie.