2 Julle moet al die plekke heeltemal vernietig+ waar die nasies wat julle uit hulle besitting verdryf, hulle gode gedien het, op die hoë berge en die heuwels en onder elke blaarryke boom.+
6 En Jehovah het in die dae van koning Josiʹa+ vir my gesê: “‘Het jy gesien wat ontroue Israel gedoen het?+ Sy gaan op elke hoë berg+ en onder elke blaarryke boom,+ sodat sy daar prostitusie kan pleeg.+
13 Op die bergtoppe bring hulle offerandes,+ en op die heuwels laat hulle offerrook opgaan,+ onder yslike bome en storaksbome en groot bome, omdat die skaduwee daarvan goed is.+ Daarom pleeg julle dogters hoerery en pleeg julle skoondogters egbreuk.