-
Genesis 28:16-19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Toe het Jakob wakker geword en gesê: “Jehovah is waarlik op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.” 17 En hy het bang geword en gesê: “Hoe ontsagwekkend is hierdie plek tog! Dit kan net die huis van God wees,+ en dit is die poort van die hemel.”+ 18 Toe het Jakob die oggend vroeg opgestaan en die klip geneem wat onder sy kop was en dit as ’n pilaar opgerig en olie daarop uitgegooi.+ 19 Daarom het hy die plek Bet-El* genoem, maar voorheen was die stad se naam Lus.+
-