28 En toe die Midianitiese+ handelaars verbykom, het hulle Josef uit die waterput uitgetrek en hom vir 20 silwerstukke aan die Ismaeliete verkoop.+ Hierdie manne het Josef Egipte toe geneem.
15 Later het Farao hiervan gehoor, en hy het Moses probeer doodmaak, maar Moses het van Farao af na die land Miʹdian+ gevlug om daar te gaan woon. Daar het hy by ’n put gaan sit.
2 Miʹdian het Israel oorheers.+ As gevolg van Miʹdian moes die Israeliete vir hulle wegkruipplekke* maak in die berge, in die grotte en op plekke wat moeilik is om te bereik.+