10 Toe het Jehovah se engel gesê: “Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, en hulle sal te veel wees om te tel.”+ 11 Jehovah se engel het bygevoeg: “Jy is swanger, en jy sal geboorte gee aan ’n seun, en jy moet hom Isʹmael noem, want Jehovah het gehoor dat jy swaarkry.