-
Eksodus 28:15-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 “Laat ’n borduurder die borsstuk van oordeel* maak.+ Soos die efod, moet dit van goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad gemaak word.+ 16 Dit moet vierkantig wees wanneer dit dubbel gevou is, ’n span* lank en ’n span breed. 17 Jy moet vier rye stene daarin set. In die eerste ry: robyn, topaas en smarag. 18 In die tweede ry: turkoois, saffier en jaspis. 19 In die derde ry: lesjʹem-steen,* agaat en ametis. 20 In die vierde ry: chrisoliet, oniks en jade. Hulle moet in goue monterings geset word. 21 Die stene moet ooreenstem met die name van die 12 seuns van Israel. Elkeen moet soos ’n seël gegraveer word. Elke naam moet een van die 12 stamme verteenwoordig.
-