-
Eksodus 28:26-28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 Jy moet twee goue ringe maak en hulle aan die twee hoeke van die borsstuk vassit, aan die agterkant van die borsstuk, wat aan die efod raak.+ 27 Jy moet nog twee goue ringe maak vir die plekke waar die lyfband aan die efod vas is, dit wil sê aan die voorkant van die efod,+ onder die twee skouerstukke, net bo die geweefde lyfband. 28 Die borsstuk moet in plek gehou word met ’n blou toutjie, wat die ringe van die borsstuk verbind met die ringe van die efod. Dit sal die borsstuk in plek hou op die efod, bo die geweefde lyfband.
-