Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 7:11, 12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 Maar Farao het die wyse manne en die towenaars laat roep, en die towerpriesters van Egipte+ het dieselfde met hulle toorkuns gedoen.+ 12 Elkeen het sy staf neergegooi, en die stawwe het groot slange geword, maar Aäron se staf het hulle stawwe ingesluk.

  • Eksodus 7:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Onmiddellik het Moses en Aäron gedoen net soos Jehovah beveel het. Hy het die staf opgelig en die water in die Nylrivier voor die oë van Farao en sy knegte geslaan, en al die water in die rivier is in bloed verander.+

  • Eksodus 7:22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Maar die towerpriesters van Egipte het dieselfde met hulle geheime kunste gedoen,+ en Farao het hardkoppig gebly,* en hy het nie na hulle geluister nie, net soos Jehovah gesê het.+

  • Eksodus 8:17, 18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 En hulle het dit gedoen. Aäron het sy hand, met sy staf, uitgesteek en die stof van die grond geslaan, en daar het muggies op mens en dier gekom. In die hele Egipte het al die stof van die grond muggies geword.+ 18 Die towerpriesters het dieselfde probeer doen en muggies deur hulle geheime kunste probeer voortbring,+ maar hulle kon dit nie doen nie. En die muggies het op mens en dier gekom.

  • Eksodus 9:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 Die towerpriesters kon as gevolg van die swere nie voor Moses verskyn nie, want die towerpriesters en al die Egiptenare+ was vol swere.

  • 2 Timoteus 3:8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so gaan hulle ook voort om die waarheid teë te staan. Sulke mense se denke is heeltemal sleg, en hulle het nie God se goedkeuring nie omdat hulle nie volgens die geloof lewe nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel