-
Eksodus 8:17, 18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 En hulle het dit gedoen. Aäron het sy hand, met sy staf, uitgesteek en die stof van die grond geslaan, en daar het muggies op mens en dier gekom. In die hele Egipte het al die stof van die grond muggies geword.+ 18 Die towerpriesters het dieselfde probeer doen en muggies deur hulle geheime kunste probeer voortbring,+ maar hulle kon dit nie doen nie. En die muggies het op mens en dier gekom.
-
-
2 Timoteus 3:8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so gaan hulle ook voort om die waarheid teë te staan. Sulke mense se denke is heeltemal sleg, en hulle het nie God se goedkeuring nie omdat hulle nie volgens die geloof lewe nie.
-