18 “Julle moet regters+ en beamptes aanstel vir elke stam in al die stede* wat Jehovah julle God aan julle gee, en hulle moet die volk met regverdigheid oordeel.
25“As daar ’n saak is waaroor manne nie saamstem nie, kan hulle na die regters gaan,+ en hulle sal hulle oordeel en die regverdige onskuldig verklaar en die goddelose skuldig verklaar.+