-
Hebreërs 9:18-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Daarom het die vorige verbond ook nie sonder bloed in werking getree nie. 19 Want toe Moses al die gebooie van die Wet aan die hele volk oorgedra het, het hy die bloed van die jong bulle en die bokke met water gemeng. Hy het helderrooi wol en hisop gebruik om dit op die boek* en die hele volk te sprinkel, 20 en hy het gesê: “Dit is die bloed van die verbond wat God julle beveel het om te onderhou.”+
-