-
Levitikus 8:14-17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Toe het hy die bul vir die sonde-offer gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit.+ 15 Moses het dit geslag en van die bloed+ met sy vinger aan elkeen van die horings van die altaar gesmeer en die altaar van sonde gereinig, maar die res van die bloed het hy aan die voet van die altaar uitgegooi, sodat hy dit kon heilig om daarop versoening te doen. 16 Daarna het hy al die vet wat aan die ingewande was, die vet* aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar laat rook.+ 17 Toe het hy die res van die bul, sy vel, sy vleis en sy mis buite die kamp met vuur laat verbrand,+ net soos Jehovah Moses beveel het.
-