-
Levitikus 6:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 As hy gesondig het en skuldig is, moet hy teruggee wat hy gesteel het, wat hy van iemand afgepers het, wat hy deur bedrog geneem het, wat aan hom toevertrou was of wat weggeraak het en wat hy gevind het, 5 of enigiets waaroor hy vals gesweer het. Hy moet die volle vergoeding betaal daarvoor,+ en hy moet ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg. Hy moet dit aan die eienaar gee op die dag dat sy skuld bewys word.
-
-
Numeri 5:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n man of ’n vrou enige sonde van die mensdom pleeg en ontrou is aan Jehovah, het dié persoon skuldig geword.+ 7 Hy moet die sonde wat hy gepleeg het, bely+ en die volle bedrag teruggee as vergoeding vir sy skuld, en hy moet ook ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg.+ Hy moet dit gee aan die een wat hy benadeel het.
-