-
Eksodus 29:40, 41Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
40 Saam met die eerste jong ram moet jy ’n tiende van ’n efa* fynmeel aanbied wat met ’n kwart hin* uitgestampte olie gemeng is, sowel as ’n drankoffer van ’n kwart hin wyn. 41 Jy moet die tweede jong ram offer wanneer dit skemer word,* saam met dieselfde graanoffer en drankoffer as in die oggend. Jy moet dit as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah aanbied.
-