-
Eksodus 29:26, 27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 “Neem dan die bors van die ram vir die inhuldiging,+ wat vir Aäron geoffer word, en beweeg dit heen en weer as ’n beweegoffer voor Jehovah, en dit sal jou deel word. 27 Van die ram vir die inhuldiging,+ wat vir Aäron en sy seuns geoffer is, moet jy die bors van die beweegoffer heilig, wat heen en weer beweeg is, sowel as die boud van die heilige deel, wat bygedra is.
-
-
Levitikus 7:34, 35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
34 Want ek neem die bors van die beweegoffer en die boud van die heilige deel van die Israeliete se vrede-offers,* en ek gee dit aan die priester Aäron en sy seuns as ’n permanente wetsvoorskrif vir die Israeliete.+
35 “‘Dit is die deel uit Jehovah se vuuroffers wat opsygesit moet word vir die priesters, vir Aäron en sy seuns, van die dag af dat hy hulle laat nader kom het om Jehovah as priesters te dien.+
-