-
Levitikus 14:15-18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 En die priester moet van die log olie neem+ en dit in sy eie linkerpalm gooi. 16 Die priester moet dan sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerpalm is en van die olie sewe keer met sy vinger voor Jehovah spat. 17 Dan moet die priester van die olie wat in sy palm oor is, aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed van die skuldoffer. 18 Die priester moet die olie wat in sy palm oor is, op die kop smeer van die persoon wat homself reinig, en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah.+
-