Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 15:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 “Jy moet elke manlike eersgeborene van jou beeste en jou kleinvee vir Jehovah jou God heilig.+ Jy mag geen werk met die eersgeborene van jou beeste* doen nie, en jy mag ook nie die eersgeborene van jou kleinvee skeer nie.

  • Deuteronomium 15:21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 21 Maar as dit ’n gebrek het – hetsy dit kreupel of blind is of enige ander ernstige gebrek het – mag jy dit nie aan Jehovah jou God offer nie.+

  • Deuteronomium 17:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 “Julle mag nie aan Jehovah julle God ’n bul of ’n skaap offer wat ’n gebrek het of waarmee daar iets fout is nie, want dit is iets afskuweliks vir Jehovah julle God.+

  • Maleagi 1:8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 En wanneer julle ’n blinde dier as ’n offerande aanbied, sê julle: “Dit is niks slegs nie.” En wanneer julle ’n kreupel of ’n siek dier aanbied: “Dit is niks slegs nie.”’”+

      “Probeer dit asseblief vir julle goewerneur aanbied. Sal hy bly wees daaroor of julle vriendelik ontvang?” sê Jehovah van die leërmagte.

  • Hebreërs 9:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Maar die bloed van die Christus doen soveel meer!+ Hy het homself deur middel van die ewige heilige gees as ’n onbesmette offer vir God aangebied, en dit reinig ons gewetens van dooie werke+ sodat ons heilige diens vir die lewende God kan doen.+

  • 1 Petrus 1:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 Maar dit was met kosbare bloed,+ soos dié van ’n onbesmette en vlekkelose lam,+ ja, dié van Christus.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel