13 Want elke eersgeborene is myne.+ Op die dag toe ek elke eersgeborene in Egipte getref het,+ het ek elke eersgeborene in Israel vir my geheilig, mens sowel as dier.+ Hulle moet myne word. Ek is Jehovah.”
15 “Elke eersgeborene van alle lewende dinge+ wat hulle vir Jehovah sal aanbied, hetsy mens of dier, moet joune word. Maar jy moet die eersgeborene van die mense vir seker loskoop,+ en jy moet die eersgeborene van die onrein diere loskoop.+
17 Maar die eersgebore bul en die eersgebore ramlam en die eersgebore bok moet jy nie loskoop nie.+ Hulle is iets heiligs. Jy moet hulle bloed op die altaar sprinkel+ en hulle vet laat rook as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.+