-
Rigters 7:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Onmiddellik nadat Giʹdeon die droom en die verduideliking daarvan gehoor het,+ het hy neergebuig om te aanbid. Daarna het hy na die kamp van Israel teruggegaan en gesê: “Staan op, want Jehovah het die kamp van Miʹdian in julle hand gegee.” 16 Toe het hy die 300 manne in drie afdelings verdeel en vir hulle elkeen ’n horing gegee,+ sowel as ’n groot, leë kruik met ’n fakkel binne-in die kruik.
-