10 ‘Ek het ’n vreeslike siekte soos dié van Egipte onder julle gestuur.+
Met die swaard het ek julle jong manne doodgemaak+ en julle perde weggeneem.+
Ek het die stank van julle kampe in julle neusgate laat opstyg.+
En tog het julle nie na my teruggekeer nie,’ sê Jehovah.