3 Toe het Moses gekom en vir die volk alles vertel wat Jehovah gesê het en al die regterlike bevele aan hulle oorgedra.+ En die hele volk het met een stem geantwoord: “Ons is bereid om alles te doen wat Jehovah gesê het.”+
8 Toe het Moses die bloed geneem en dit op die volk gesprinkel+ en gesê: “Dit is die bloed van die verbond wat Jehovah met julle gemaak het in ooreenstemming met al hierdie woorde.”+
9 Toe ek teen die berg opgeklim het om die kliptablette+ te ontvang, die tablette van die verbond wat Jehovah met julle gemaak het,+ het ek 40 dae en 40 nagte op die berg gebly+ en niks geëet of gedrink nie.