-
Deuteronomium 3:19, 20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Net julle vrouens, julle kinders en julle vee (ek weet goed dat julle baie vee het) sal in die stede bly woon wat ek aan julle gegee het, 20 totdat Jehovah aan julle broers rus gee, net soos hy aan julle rus gegee het, en hulle ook die land in besit geneem het wat Jehovah julle God oorkant die Jordaanrivier aan hulle sal gee. Dan sal julle terugkom, elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.’+
-
-
Josua 1:14, 15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Julle vrouens, julle kinders en julle vee sal in die land woon wat Moses julle aan hierdie kant* van die Jordaanrivier gegee het,+ maar al julle magtige vegters+ moet in gevegsformasie voor julle broers die rivier oorsteek.+ Julle moet hulle help 15 totdat Jehovah julle broers rus gee, net soos hy julle rus gegee het, en totdat hulle ook die land in besit neem wat Jehovah julle God aan hulle gee. Keer dan terug na die land wat aan julle gegee is om in te woon, en neem dit in besit. Dit is die land wat Moses, die kneg van Jehovah, julle aan die oostekant van die Jordaanrivier gegee het.’”+
-