6 Dit is ’n gereelde brandoffer,+ wat by die berg Siʹnai vasgestel is as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 7 Die drankoffer wat daarmee saamgaan, moet ’n kwart hin vir elke ramlam wees.+ Gooi die alkohol in die heiligdom uit as ’n drankoffer aan Jehovah.
11 “‘Aan die begin van elke maand moet julle die volgende as ’n brandoffer vir Jehovah aanbied: twee jong bulle, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, sonder gebrek,+
14 En hulle drankoffers moet soos volg wees: ’n halwe hin wyn vir ’n bul,+ ’n derde van ’n hin vir die skaapram+ en ’n kwart hin vir ’n ramlam.+ Dit is die maandelikse brandoffer vir elke maand, regdeur die jaar.