11 Die seun van die Israelitiese vrou het die Naam begin laster en vervloek.+ Daarom het hulle hom na Moses toe gebring.+ Terloops, sy ma was Seʹlomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan. 12 Hulle het hom in aanhouding geplaas totdat Jehovah se besluit aan hulle bekend gemaak is.+