2 “Beveel die Israeliete om elke melaatse+ en elkeen wat ’n afskeiding het+ en elkeen wat deur middel van ’n dooie persoon* onrein geword het,+ uit die kamp uit te stuur.
9 Maar as iemand skielik langs hom sterf+ en hy die hare wat ’n simbool van sy Nasireʹërskap is, onrein maak, moet hy sy kop skeer+ op die dag van sy reiniging. Hy moet dit op die sewende dag skeer.
6 Maar daar was mans wat onrein geword het omdat hulle aan ’n dooie liggaam geraak het,+ en daarom kon hulle nie die Pasga-offer op daardie dag voorberei nie. Hulle het dus op daardie dag na Moses en Aäron toe gegaan+
19 En julle moet sewe dae lank buite die kamp bly. Elkeen van julle wat iemand* doodgemaak het en elkeen van julle wat geraak het aan iemand wat doodgemaak is,+ moet hom op die derde dag en op die sewende dag reinig,+ julle en julle gevangenes.