-
Josua 12:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 En dít is die konings van die land wat die Israeliete verslaan het, wie se land hulle in besit geneem het aan die oostekant van die Jordaanrivier, van die Arnon-vallei*+ af tot by die berg Hermon+ en die hele Aʹraba in die ooste:+ 2 Die een was koning Sihon+ van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het en wat regeer het oor Aʹroër,+ aan die rand van die Arnon-vallei,*+ en oor die gebied van die middel van die vallei af tot by die Jabbok-vallei* en oor die helfte van Giʹlead. (Die Jabbok-stroom was die grens van die Ammoniete.)
-