6 “Daarom moet jy vir die Israeliete sê: ‘Ek is Jehovah, en ek sal julle bevry van die onderdrukking van die Egiptenare en van julle slawerny aan hulle,+ en ek sal julle met ’n uitgestrekte* arm en met groot oordele verlos.+
3 Toe het Moses vir die volk gesê: “Onthou hierdie dag waarop julle uit Egipte,+ uit die huis van slawerny, uitgegaan het, want Jehovah het julle met ’n magtige hand hiervandaan uitgelei.+ Daarom mag niks geëet word wat met suurdeeg gemaak is nie.
14 “As julle seuns julle later vra: ‘Wat beteken dit?’ dan moet julle vir hulle sê: ‘Jehovah het ons met ’n magtige hand uit Egipte, uit die huis van slawerny, gebring.+