29 Ek sal hulle nie in een jaar voor julle uit verdryf nie, sodat die land nie verlate word en die wilde diere van die veld nie vermeerder en vir julle ’n gevaar word nie.+
25 Van vandag af sal ek al die volke onder die hemel wat die berig oor julle hoor, baie bang laat word vir julle. Hulle sal ontsteld wees en bewe* as gevolg van julle.’+
9 Sy het vir hulle gesê: “Ek weet dat Jehovah die land aan julle sal gee+ en dat die vrees vir julle ons oorweldig het.+ Al die inwoners van die land het moed verloor as gevolg van julle,+
12 Ek het ’n gevoel van hopeloosheid* voor julle uit gestuur, en dit het hulle voor julle verdryf+ – twee konings van die Amoriete. Dit was nie deur middel van julle swaard en boog nie.+