Wagtoring AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 23
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon laai nie.

Oorsig van Eksodus

      • Regterlike bevele vir Israel (1-19)

        • Oor eerlike en regverdige optrede (1-9)

        • Oor sabbatte en feeste (10-19)

      • Engel om Israel te lei (20-26)

      • Verowering en grense van land (27-33)

Eksodus 23:1

Kantlynverwysings
  • +Le 19:16; Spr 6:16, 19
  • +De 19:18, 19; Spr 19:5

Eksodus 23:2

Indekse
  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/7/15, bl. 10-12

Eksodus 23:3

Kantlynverwysings
  • +Le 19:15

Eksodus 23:4

Kantlynverwysings
  • +Spr 25:21; 1Te 5:15

Eksodus 23:5

Kantlynverwysings
  • +De 22:4; Lu 6:27; Ro 12:21

Eksodus 23:6

Kantlynverwysings
  • +De 16:19; 2Kr 19:7

Eksodus 23:7

Voetnote
  • *

    Lett. “woord”.

  • *

    Of “vryspreek”.

Kantlynverwysings
  • +Spr 17:15; Ro 1:18; 2:6

Eksodus 23:8

Kantlynverwysings
  • +Pr 7:7

Eksodus 23:9

Kantlynverwysings
  • +Le 19:34
Indekse
  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/10, bl. 9

Eksodus 23:10

Kantlynverwysings
  • +Le 25:3, 4

Eksodus 23:12

Kantlynverwysings
  • +Eks 20:9, 10; De 5:14

Eksodus 23:13

Kantlynverwysings
  • +De 4:9
  • +De 12:3; Jos 23:6, 7

Eksodus 23:14

Kantlynverwysings
  • +De 16:16

Eksodus 23:15

Voetnote
  • *

    Sien Aanh. B15.

Kantlynverwysings
  • +Le 23:6; Lu 22:7
  • +Eks 12:18
  • +De 16:17

Eksodus 23:16

Voetnote
  • *

    Ook die Fees van die Weke, of Pinkster, genoem.

  • *

    Ook die Huttefees genoem.

Kantlynverwysings
  • +Nu 28:26; De 16:9, 10; Han 2:1
  • +De 16:13; Ne 8:14; Joh 7:2

Eksodus 23:17

Kantlynverwysings
  • +De 12:5, 6

Eksodus 23:19

Kantlynverwysings
  • +Nu 18:8, 12; 1Ko 15:20
  • +De 14:21; Spr 12:10
Indekse
  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2006/4/15, bl. 30

    2006/4/1, bl. 31

    2004/3/15, bl. 27

    2003/7/15, bl. 26-28

Eksodus 23:20

Kantlynverwysings
  • +Eks 14:19
  • +Nu 20:16
Indekse
  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2010/12/15, bl. 6

    2010/9/15, bl. 21

    2004/3/15, bl. 27

Eksodus 23:21

Kantlynverwysings
  • +Nu 14:35; Jos 24:19
Indekse
  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2010/12/15, bl. 6

    2010/9/15, bl. 21

    2004/3/15, bl. 27

Eksodus 23:23

Kantlynverwysings
  • +Eks 34:11; Jos 5:13, 14; 24:8

Eksodus 23:24

Kantlynverwysings
  • +Eks 20:5; Le 18:3; De 12:30; 2Kr 33:2
  • +Eks 20:3; Nu 33:52

Eksodus 23:25

Kantlynverwysings
  • +De 6:13; 10:12; Jos 22:5; Mt 4:10
  • +De 7:13
  • +De 7:15

Eksodus 23:26

Kantlynverwysings
  • +De 7:14; 28:4

Eksodus 23:27

Kantlynverwysings
  • +De 2:25; Jos 2:9
  • +De 7:23, 24

Eksodus 23:28

Voetnote
  • *

    Of moontlik “paniek; vrees”.

Kantlynverwysings
  • +De 7:20; Jos 2:11
  • +Jos 24:11

Eksodus 23:29

Kantlynverwysings
  • +De 7:22

Eksodus 23:30

Kantlynverwysings
  • +De 9:4

Eksodus 23:31

Voetnote
  • *

    Die Eufraatrivier.

Kantlynverwysings
  • +Ge 15:18; De 1:7; Jos 1:4; 1Kn 4:21
  • +Rig 1:4; 11:21

Eksodus 23:32

Kantlynverwysings
  • +Eks 34:12; Nu 25:1, 2; De 7:2; 2Ko 6:14

Eksodus 23:33

Kantlynverwysings
  • +Jos 23:12, 13; Rig 1:28; Ps 106:36

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eks. 23:1Le 19:16; Spr 6:16, 19
Eks. 23:1De 19:18, 19; Spr 19:5
Eks. 23:3Le 19:15
Eks. 23:4Spr 25:21; 1Te 5:15
Eks. 23:5De 22:4; Lu 6:27; Ro 12:21
Eks. 23:6De 16:19; 2Kr 19:7
Eks. 23:7Spr 17:15; Ro 1:18; 2:6
Eks. 23:8Pr 7:7
Eks. 23:9Le 19:34
Eks. 23:10Le 25:3, 4
Eks. 23:12Eks 20:9, 10; De 5:14
Eks. 23:13De 4:9
Eks. 23:13De 12:3; Jos 23:6, 7
Eks. 23:14De 16:16
Eks. 23:15Le 23:6; Lu 22:7
Eks. 23:15Eks 12:18
Eks. 23:15De 16:17
Eks. 23:16Nu 28:26; De 16:9, 10; Han 2:1
Eks. 23:16De 16:13; Ne 8:14; Joh 7:2
Eks. 23:17De 12:5, 6
Eks. 23:19Nu 18:8, 12; 1Ko 15:20
Eks. 23:19De 14:21; Spr 12:10
Eks. 23:20Eks 14:19
Eks. 23:20Nu 20:16
Eks. 23:21Nu 14:35; Jos 24:19
Eks. 23:23Eks 34:11; Jos 5:13, 14; 24:8
Eks. 23:24Eks 20:5; Le 18:3; De 12:30; 2Kr 33:2
Eks. 23:24Eks 20:3; Nu 33:52
Eks. 23:25De 6:13; 10:12; Jos 22:5; Mt 4:10
Eks. 23:25De 7:13
Eks. 23:25De 7:15
Eks. 23:26De 7:14; 28:4
Eks. 23:27De 2:25; Jos 2:9
Eks. 23:27De 7:23, 24
Eks. 23:28De 7:20; Jos 2:11
Eks. 23:28Jos 24:11
Eks. 23:29De 7:22
Eks. 23:30De 9:4
Eks. 23:31Ge 15:18; De 1:7; Jos 1:4; 1Kn 4:21
Eks. 23:31Rig 1:4; 11:21
Eks. 23:32Eks 34:12; Nu 25:1, 2; De 7:2; 2Ko 6:14
Eks. 23:33Jos 23:12, 13; Rig 1:28; Ps 106:36
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Eksodus 23:1-33

Eksodus

23 “Jy mag nie ’n valse gerug versprei nie.+ Moenie met ’n goddelose persoon saamwerk deur ’n kwaadwillige getuie te wees nie.+ 2 Jy mag nie agter die meerderheid aangaan om te doen wat sleg is nie, en wanneer jy getuienis aflê, mag jy nie die reg verdraai net om agter die meerderheid aan te gaan nie. 3 Jy moet onpartydig wees in ’n saak waarby ’n arm persoon betrokke is.+

4 “As jy op jou vyand se bul of donkie afkom wat wegdwaal, moet jy dit na hom toe terugneem.+ 5 As jy sien dat die donkie van iemand wat jou haat, onder sy vrag geval het, moet jy nie die dier net so los nie. Jy moet hom help om die dier te bevry.+

6 “Jy mag nie die reg verdraai in ’n hofsaak waarby ’n arm persoon betrokke is nie.+

7 “Jy moet niks te doen hê met ’n valse beskuldiging* nie, en moenie die onskuldige en die regverdige doodmaak nie, want ek sal nie die goddelose regverdig verklaar* nie.+

8 “Jy mag nie ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want die omkoopgeskenk verblind mense wat insig het en kan die woorde van regverdige mense verdraai.+

9 “Jy mag nie ’n uitlander wat onder julle woon, onderdruk nie. Julle weet hoe dit voel om uitlanders te wees, want julle was uitlanders in Egipte.+

10 “Jy moet ses jaar lank saad in jou land saai en die opbrengs daarvan insamel.+ 11 Maar in die sewende jaar moet jy dit onbewerk laat lê. Die armes onder jou volk moet daarvan eet, en wat hulle laat oorbly, sal die wilde diere van die veld eet. Dit is wat jy met jou wingerd en jou olyfboord moet doen.

12 “Ses dae lank moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie, sodat jou bul en jou donkie en die seun van jou slavin en die uitlander wat onder julle woon, kan rus.+

13 “Sorg dat julle alles doen wat ek vir julle gesê het,+ en julle mag nie die name van ander gode aanroep nie. Dit mag nie oor julle lippe kom nie.+

14 “Drie keer per jaar moet julle vir my ’n fees vier.+ 15 Julle moet die Fees van die Ongesuurde Brode+ vier. Julle moet sewe dae lank ongesuurde brood eet, net soos ek julle beveel het, op die vasgestelde tyd in die maand Abib,*+ want in daardie maand het julle Egipte verlaat. Niemand mag met leë hande voor my verskyn nie.+ 16 Julle moet ook die Fees van die Oes* vier, die fees van die eerste opbrengs van julle arbeid, dit wil sê van wat julle in die landerye gesaai het.+ Aan die einde van die jaar moet julle die Fees van die Insameling* vier, wanneer julle die vrugte van julle arbeid uit die landerye ingesamel het.+ 17 Drie keer per jaar moet al die mans onder julle voor die ware Heer, Jehovah, verskyn.+

18 “Jy mag nie die bloed van my offerande saam met enigiets offer wat met suurdeeg gemaak is nie. En die offerandes van vet wat by my feeste geoffer word, mag nie oornag tot die oggend toe gehou word nie.

19 “Jy moet die beste van die eerste opbrengs van jou grond na die huis van Jehovah jou God bring.+

“Jy mag nie ’n boklam in sy ma se melk kook nie.+

20 “Ek stuur ’n engel voor julle uit+ om julle op die pad te beskerm en om julle na die plek te bring wat ek gereedgemaak het.+ 21 Luister na hom en gehoorsaam sy stem. Moenie teen hom in opstand kom nie. Hy sal nie julle oortredings vergewe nie,+ want hy kom in my naam. 22 Maar as julle sy stem streng gehoorsaam en alles doen wat ek sê, dan sal ek vyandig optree teenoor julle vyande en julle teenstanders teëstaan. 23 Want my engel sal voor julle uit gaan en julle bring na die Amoriete, die Hetiete, die Perissiete, die Kanaäniete, die Hewiete en die Jebusiete, en ek sal hulle vernietig.+ 24 Julle mag nie voor hulle gode neerbuig of oorreed word om hulle te dien nie, en julle mag nie hulle gebruike navolg nie.+ Julle moet hulle afgode eerder vernietig en hulle heilige pilare stukkend breek.+ 25 Julle moet Jehovah julle God dien,+ en hy sal julle brood en julle water seën.+ Ek sal siekte onder julle verwyder.+ 26 Die vrouens in julle land sal nie miskrame hê of onvrugbaar wees nie,+ en ek sal julle ’n lang lewe gee.

27 “Ek sal sorg dat die volke wat julle gaan teëkom, vir my bang sal wees+ nog voordat julle daar aankom, en ek sal hulle verwar, en ek sal sorg dat al julle vyande verslaan word en van julle af wegvlug.+ 28 Ek sal ’n gevoel van hopeloosheid* voor julle uitstuur,+ en dit sal die Hewiete, die Kanaäniete en die Hetiete voor julle uit verdryf.+ 29 Ek sal hulle nie in een jaar voor julle uit verdryf nie, sodat die land nie verlate word en die wilde diere van die veld nie vermeerder en vir julle ’n gevaar word nie.+ 30 Ek sal hulle bietjie vir bietjie voor julle uit verdryf, totdat julle vrugbaar word en die land in besit neem.+

31 “Ek sal julle grens vasstel van die Rooisee af tot by die see van die Filistyne en van die wildernis af tot by die Rivier,*+ want ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en julle sal hulle voor julle uit verdryf.+ 32 Julle mag nie ’n verbond met hulle of hulle gode maak nie.+ 33 Hulle mag nie in julle land woon nie, sodat hulle julle nie teen my laat sondig nie. As julle hulle gode dien, sal dit beslis vir julle ’n strik word.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2020)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Voorkeure
  • Copyright © 2019 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan