5 Die dier moet sonder gebrek+ wees, ’n rammetjie van ’n jaar oud. Julle mag ’n skaap of ’n bok kies. 6 Julle moet vir die dier sorg tot die 14de dag van hierdie maand,+ en dan moet die hele gemeente van Israel dit slag wanneer dit skemer word.*+
7 Koning Josiʹa het van sy eie vee 30 000 jong skaapramme en jong bokramme bygedra, sodat daar Pasga-offers kon wees vir almal wat daar was. Hy het ook 3 000 beeste bygedra.+