16 Toe het die nakomelinge van Josef gesê: “Die bergstreek is nie vir ons genoeg nie, en al die Kanaäniete wat in die land van die vallei woon, dié in Bet-Sean+ en sy afhanklike* dorpe en dié in die Jisʹreël-vallei,+ het strydwaens+ met ysterlemme.”*
19 Jehovah was met Juda, en hulle het die bergstreek in besit geneem, maar hulle kon nie die mense uitdryf wat op die vlakte gewoon het nie, want hulle het strydwaens met ysterlemme* gehad.+