Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 28:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Die Filistyne het hulle soldate bymekaargebring en in Sunem+ kamp opgeslaan. Saul het dus die hele Israel bymekaargebring, en hulle het in Gilboʹa+ kamp opgeslaan.

  • 1 Samuel 31:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 Die Filistyne het teen Israel geveg.+ En die manne van Israel het van die Filistyne af weggevlug, en baie van hulle is op die berg Gilboʹa+ doodgemaak.

  • 2 Samuel 1:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 Die jong man het geantwoord: “Ek was toevallig op die berg Gilboʹa,+ en daar het ek Saul gesien wat op sy spies leun, en die strydwaens en die perderuiters het hom ingehaal.+

  • 1 Kronieke 10:8-12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Die volgende dag, toe die Filistyne die lyke kom stroop, het hulle Saul en sy seuns dood gevind op die berg Gilboʹa.+ 9 Hulle het Saul se klere en sy wapenrusting uitgetrek en sy kop afgekap, en hulle het ’n boodskap deur die hele land van die Filistyne gestuur om die nuus in die tempels van hulle afgode+ en onder die volk te versprei. 10 Daarna het hulle sy wapenrusting in die tempel van hulle god gesit en sy skedel aan die tempel van Dagon+ vasgemaak.

      11 Toe die inwoners van Jabes+ in Giʹlead hoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het,+ 12 het al die vegters die lyke van Saul en sy seuns weggeneem. Hulle het hulle lyke na Jabes geneem en die beendere onder die groot boom in Jabes begrawe,+ en hulle het sewe dae lank gevas.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel