-
2 Samuel 21:8-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Daarom het die koning die twee seuns geneem wat Rispa,+ die dogter van Aja, by Saul gehad het, naamlik Armoʹni en Mefiboʹset, sowel as die vyf seuns wat Migal,*+ die dogter van Saul, by Aʹdriël,+ die seun van Barsilʹlai, die Meholatiet, gehad het. 9 Toe het hy hulle aan die Gibeoniete oorgelewer, wat hulle dooie liggame op die berg voor Jehovah opgehang het.+ Al sewe het saam gesterf. Hulle is in die eerste dae van die oes, aan die begin van die gars-oes, doodgemaak. 10 Rispa,+ die dogter van Aja, het toe saklinne geneem en dit op die rots uitgesprei van die begin van die oes af totdat daar reën op hulle liggame geval het. Sy het nie toegelaat dat die voëls van die hemel in die dag op hulle gaan sit nie en ook nie dat die wilde diere van die veld in die nag naby hulle kom nie.
11 Dawid het gehoor wat Saul se byvrou Rispa, die dogter van Aja, gedoen het.
-