-
1 Kronieke 11:12-14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Die tweede van die drie magtige vegters was Eleaʹsar,+ die seun van Dodo, die Ahohiet.+ Hy was een van die drie magtige vegters. 13 Hy was saam met Dawid by Pas-Dammim,+ waar die Filistyne vir die oorlog bymekaargekom het. In Pas-Dammim was daar ’n stuk grond vol gars, en toe die manne vir die Filistyne gevlug het, 14 het hy in die middel van die stuk grond bly staan en dit verdedig en aangehou om die Filistyne dood te maak, en so het Jehovah vir Israel ’n groot oorwinning* gegee.+
-