-
Deuteronomium 4:41-43Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
41 Toe het Moses drie stede oos van die Jordaanrivier+ uitgekies. 42 As enigiemand sy medemens onopsetlik doodmaak en hy hom nie voorheen gehaat het nie,+ moet hy na een van hierdie stede vlug en bly lewe.+ 43 Die stede is Beser+ in die wildernis op die plato vir die Rubeniete, Ramot+ in Giʹlead vir die Gadiete en Golan+ in Basan vir die Manassiete.+
-