-
2 Kronieke 7:19-22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Maar as julle ophou om my te volg en my wetsbepalings en my gebooie verwerp wat ek aan julle gegee het en as julle ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,+ 20 dan sal ek Israel uitruk uit my land wat ek hulle gegee het,+ en ek sal hierdie huis verwerp wat ek vir my naam geheilig het, en ek sal dit iets maak waarop al die volke neersien* en iets waarmee hulle spot.+ 21 En hierdie huis sal verwoes word. Elkeen wat daar verbygaan, sal verbaas wees+ en vra: ‘Hoekom het Jehovah dit aan hierdie land en hierdie huis gedoen?’+ 22 Dan sal hulle sê: ‘Dit is omdat hulle Jehovah verlaat het,+ die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte uitgelei het,+ en omdat hulle ander gode gekies en voor hulle neergebuig en hulle gedien het.+ Dit is hoekom hy al hierdie rampspoed oor hulle gebring het.’”+
-