Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 37:8-13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Nadat die Rabʹsake gehoor het dat die koning van Assiʹrië van Lagis af weggetrek het, het hy teruggekeer na die koning, wat besig was om teen Libna te veg.+ 9 Die koning het gehoor dat koning Tirhaʹka van Etiopië op pad was om teen hom te veg. Daarom het hy weer boodskappers na Hiskiʹa toe gestuur+ en gesê: 10 “Dít is wat julle vir koning Hiskiʹa van Juda moet sê: ‘Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou bedrieg deur te sê: “Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+ 11 Jy het gehoor wat die konings van Assiʹrië met al die lande gedoen het. Hulle het dit vernietig.+ Sal jy die enigste een wees wat gered word? 12 Is die nasies wat deur my voorvaders vernietig is, deur hulle gode gered?+ Waar is Gosan, Haran,+ Resef en die mense van Eden wat in Tel-Assar was? 13 Waar is die koning van Hamat, die koning van Arpad, die koning van die stad Sefarwaʹim,+ die koning van Hena en die koning van Iwwa?’”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel