Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 24:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Toe hulle klaar was, het hulle die res van die geld na die koning en na Jojaʹda gebring, en hulle het dit gebruik om voorwerpe vir die huis van Jehovah te maak. Hulle het voorwerpe gemaak vir die diens en vir die brandoffers, sowel as bekers en voorwerpe van silwer en goud.+ En terwyl Jojaʹda gelewe het, het hulle gereeld brandoffers+ by die huis van Jehovah geoffer.

  • 2 Kronieke 36:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Hy het al die voorwerpe, groot en klein, van die huis van die ware God, sowel as die skatte van die huis van Jehovah en die skatte van die koning en sy hoë amptenare na Babilon geneem.+

  • Esra 1:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 7 Koning Kores het ook die voorwerpe van die huis van Jehovah uitgebring. Dit was die voorwerpe wat Nebukadneʹsar uit Jerusalem geneem het en in die huis van sy god gesit het.+

  • Esra 1:10, 11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 30 goue bakkies, 410 silwerbakkies, 1 000 ander voorwerpe. 11 Daar was altesaam 5 400 voorwerpe van goud en van silwer. Sesʹbassar het dit alles saamgebring toe die ballinge*+ uit Babilon na Jerusalem gebring is.

  • Daniël 5:2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 2 Toe Belʹsasar onder die invloed van die wyn was, het hy beveel dat die goue en silwerhouers ingebring moet word wat sy vader Nebukadneʹsar uit die tempel in Jerusalem geneem het,+ sodat die koning en sy belangrike manne, sy byvrouens en sy ondergeskikte vrouens daaruit kon drink.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel