27 en Bet-Haram, Bet-Nimra,+ Sukkot+ en Safon, wat in die vallei is, die res van die koninkryk van koning Sihon van Hesbon,+ naamlik die oostekant van die Jordaanrivier tot aan die Kinneʹret-see.+ 28 Dit was die erfdeel van die families van die Gadiete, met die stede en die omliggende dorpies.