16 En uit al die stamme van Israel het almal wat vasbeslote was* om Jehovah, die God van Israel, te dien,* agter die priesters en die Leviete aan na Jerusalem gegaan om offerandes te bring aan Jehovah, die God van hulle voorvaders.+
25 En die hele gemeente van Juda, die priesters, die Leviete, die hele gemeente wat van Israel gekom het+ en die uitlanders+ wat van die land van Israel gekom het en dié wat in Juda gewoon het, was die hele tyd vreugdevol.