-
Eksodus 30:12-16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 “Wanneer jy ook al ’n sensus opneem en die seuns van Israel tel,+ moet elkeen tydens die sensus ’n losprys vir sy lewe aan Jehovah gee. Hulle moet dit doen sodat geen plaag hulle tref wanneer hulle geregistreer word nie. 13 Dít is wat almal wat geregistreer is, moet gee: ’n halfsikkel* volgens die standaardsikkel van die heiligdom.*+ Twintig gera* is gelyk aan ’n sikkel. ’n Halfsikkel is die bydrae vir Jehovah.+ 14 Elkeen van 20 jaar en ouer wat geregistreer is, moet Jehovah se bydrae gee.+ 15 Die ryke moenie meer as ’n halfsikkel* gee en die arme moenie minder as ’n halfsikkel gee as ’n bydrae aan Jehovah om vir sy lewe* versoening te doen nie. 16 Jy moet die silwergeld van die versoening by die Israeliete neem en dit vir die diens in verband met die tent van samekoms gee, sodat dit vir die Israeliete as ’n herinnering voor Jehovah kan dien, om vir hulle lewens* versoening te doen.”
-