-
2 Kronieke 25:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Jehovah het baie kwaad geword vir Amaʹsia, en hy het ’n profeet na hom toe gestuur wat gesê het: “Hoekom aanbid jy gode wat nie hulle eie volk uit jou hand kon red nie?”+ 16 Terwyl hy met hom gepraat het, het die koning vir hom gesê: “Bly stil!+ Het ek jou raad gevra?+ Ek sal jou laat doodmaak as jy aanhou praat.” Toe het die profeet stilgebly, maar voordat hy gegaan het, het hy gesê: “Ek weet dat God besluit het om u te vernietig omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.”+
-