24 Julle moet ’n altaar van grond vir my maak, en julle moet julle brandoffers, julle vrede-offers,* julle kleinvee en julle beeste daarop offer. Op elke plek waar ek wil hê dat my naam onthou moet word,*+ sal ek na julle toe kom en julle seën.
29 Hy het die brandofferaltaar+ by die ingang van die tabernakel, die tent van samekoms, gesit om die brandoffer+ en die graanoffer daarop te offer, net soos Jehovah Moses beveel het.