-
Levitikus 24:5-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 “Jy moet fynmeel neem en 12 ringvormige brode daarmee bak. Twee tiendes van ’n efa* moet vir elke brood gebruik word. 6 Jy moet hulle in twee stapels, ses in ’n stapel,+ op die tafel van suiwer goud voor Jehovah neersit.+ 7 Jy moet suiwer wierook op elke stapel sit, en dit sal ’n simbool van die brode+ wees, ’n vuuroffer aan Jehovah.
-