-
Deuteronomium 7:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Hy sal julle liefhê en julle seën en julle laat vermeerder. Ja, hy sal julle seën met baie kinders*+ en met die opbrengs van julle grond, julle graan, julle nuwe wyn, julle olie,+ die kalwers van julle troppe en die lammers van julle kuddes, in die land wat hy aan julle voorvaders met ’n eed belowe het om aan julle te gee.+ 14 Julle sal die geseëndste van al die volke word.+ Geen man of vrou onder julle sal kinderloos wees nie, en julle vee sal nie sonder kleintjies wees nie.+
-