6 God het in sy heiligheid gesê:
“Ek sal van vreugde uitroep, ek sal Sigem as ’n erfdeel gee,+
en ek sal die Vallei van Sukkot afmeet.+
7 Giʹlead behoort aan my, en Manasʹse+ ook,
en Eʹfraim is die helm vir my kop.
Juda is vir my die staf van ’n bevelvoerder.+
8 Moab is my wasbak.+
Op Edom sal ek my sandaal gooi.+
Ek sal van vreugde uitroep weens die oorwinning oor Filisteʹa.”+